Loading...

GESTIG DESEMBER 2004

WIE’S ONS? WAAR HET DIT BEGIN?

Vroeg in Desember 2004, het eienaar Niël du Bois en ‘n aantal werkers/vriende met Brolloks, ‘n Chev-lorretjie van 1950, hooggelaai met planke, toue en nette op Mosselbaai opgedaag – om na dekades as joernalis sy vrye gees uit te leef en ‘n seekos-eetplek êrens op ‘n strand oop te maak.

Met die Genade van Bo (en te danke aan ‘n munisipale amptenaar of twee wat die visie van ‘n seekos-eetplek op die strand gedeel het) is die eerste De Vette Mossel staangemaak, die deure spreekwoordelik oopgegooi en die eerste gaste het opgedaag… en opgedaag…en opgedaag…

Te danke aan volgehoue en gewaardeerde ondersteuning van nuutgevonde Mossel-vriende, het De Vette Mossel gegroei en gegroei. Dit was onvermydelik dat die sukses moes oorspoel en in Desember 2018 open Gustave en Charné du Bois die vierde De Vette Mossel Seekos Restaurant te Hermanus– op die lagoon met sy eie strand.   

Hier is jy in die uiters bekwame hande van Gustave en Charné du Bois wat woonagtig is te Hermanus. Hulle het grootgeword met De Vette Mossel sedert die heel begin, en is mal oor kreefduik en om die see te geniet.

Die braaiers, skoonmakers en kombuispersoneel is ‘n storie op sy eie. Net werklose mense is aangestel, opgelei en vandag is hulle onlosmaakbaar deel van De Vette Mossel-familie. Sonder hulle is De Vette Mossel nie moontlik nie – daarom dat hulle ook in die winste/vrugte van sukses deel.

Niël self kom kuier gereeld om ook 100% seker te maak dat De Vette Mossel @ Hermanus identies aan die visie van De Vette Mossel restaurante wat konsep, menu en kwaliteit betref.

Hermanus inwoners Gustave & Charné du Bois verwelkom jou graag by De Vette Mossel @ Hermanus.

Die dosynstuks braaiers, skoonmakers en kombuispersoneel is ‘n storie op sy eie. Net werklose mense is aangestel, opgelei en vandag is hulle onlosmaakbaar deel van De Vette Mossel-familie. Sonder hulle is De Vette Mossel nie moontlik nie – daarom dat hulle ook in die winste/vrugte van sukses deel.

KONTAK ONS / TARIEWE

Gooi n lyn

NB. MAAK ASB 100% SEKER DAT U BY DIE REGTE DE VETTE MOSSEL BESPREEK – DE VETTE MOSSEL @ HERMANUS

U wil by DE VETTE MOSSEL@ HERMANUS bespreek?

DE VETTE MOSSEL @ HERMANUS. Tel: 064 552 6627

Gaan na kontak blad vir pryse, tye, en meer!