ONS UITGANGSPUNT

Dis ‘n ervaring!

Ons by De Vette Mossel poog om veel meer te bied as bloot ‘n ete – dit is ‘n ervaring, in ongewone en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en nuutgevondes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus is – net soos ons langs die Weskus maak – met Kaapse visserkultuur…

Die uitstekende voorbereiding van top gehalte seekos, in oorvloed, en waarde vir geld, is ons erns.

SKINK ‘N WYNTJIE!

Met aankoms verwelkom ons jou met ‘n gratis glas goeie Kaapse wyn. Bring jou eie koelhouer met koeldrank, drankies, glase en ys. Ons het tans nie ‘n kroeg nie, en vra ook geen kurkfooi nie.

KONTAK ONS / TARIEWE

Gooi n lyn

NB. MAAK ASB 100% SEKER DAT U BY DIE REGTE DE VETTE MOSSEL BESPREEK – DE VETTE MOSSEL @ HERMANUS

U wil by DE VETTE MOSSEL@ HERMANUS bespreek?

DE VETTE MOSSEL @ HERMANUS. Tel: 064 552 6627

Gaan na kontak blad vir pryse, tye, en meer!